Die Nelle
Die Nelle
Die Nelle
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.



 
HomeHome  PortalPortal  GalleryGallery  Latest imagesLatest images  SearchSearch  RegisterRegister  Log inLog in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Latest topics
» Passionate photographer
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeWed Dec 07, 2016 8:34 am by Admin

» Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeMon Jan 11, 2016 9:48 am by Admin

» Ons trip verslag
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeThu Apr 23, 2015 10:46 am by Petri

» 1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeThu Sep 18, 2014 9:19 pm by Petri

» Die beplanning
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeTue Sep 16, 2014 9:45 pm by Petri

» Kgalagadi April 2014
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeTue May 06, 2014 11:40 am by Petri

» 7 tot 10 Jan 2010
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeFri Mar 14, 2014 1:03 pm by Admin

» Trip report -Transbaviaans 2010
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeWed Aug 18, 2010 5:21 pm by Petri

» Loosing weight is not easy
Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeWed Jul 28, 2010 1:44 pm by Petri


 

 Kgalagadi April 2014

Go down 
2 posters
AuthorMessage
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Kgalagadi April 2014 Empty
PostSubject: Kgalagadi April 2014   Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeTue May 06, 2014 10:38 am

En so het ons vakansie na die Kgalagadi aangebreek.  Dit was nog een van die plekke wat ons nog altyd wou doen want die meeste mense met wie ons praat is gaande oor die plek.  Wel ons is gepak en gereed.  Gerrit en Marie gaan saam en ons ry in een voertuig, ons getroue ou Rooies.  Gerrit en Marie het ‘n troue die Saterdag op Upington en hulle is al die Vrydag deur saam met hul kinders.  Ek en Marieta ry Saterdag tot op Upington waar ons dan Sondag vir Gerrit en Marie kry.  Hulle kinders kom terug met hulle kar.

Sondag het ons gou die laaste paar goed gaan koop soos vars brood, vrugte en kaas.  Teen 10 uur is ons oppad.  Dit is net 250km van Upington tot by ons verblyf,  die Kgalagadi-Lodge so 5km voor die hek  van die park.  (www.kgalagadi-lodge.co.za)  Groot was ons verassing toe ons die plek sien.  Gerrit en Marie bly in luukse chalet, ek en Marieta kamp.  Elke staanplek het sy eie badkamer wat groot genoeg is om in te dans.  ‘n Lekker groot afdak waaronder ons, ons tent opgeslaan het wat natuurlik BAIE gehelp het vir die dodelike Kalahari son.   Gou was ons opgeslaan en reg vir ons eerste braai en lekker kuier.  Dit is donkermaan en dit voel of mens aan die sterre kan vat.  Ons is vroeg bed toe want ons wil 7 uur daar wees as die hekke oop maak.

Kgalagadi April 2014 Kamppl11

Kgalagadi April 2014 Huisie10

Ons is 6 uur op en 06:45 kry ons vir G&M.  Ons pak vir ontbyt en iets vir middagete.  Ons doen die nodige papierwerk by die hek.  Blaas bande af vir die sandpad wat voorlê en vat die pad.  Almal op die punt van ons sitplekke want ons gaan nou leeus sien. Ons besluit op n sirkel roete van so 200km vir die dag. Na 50km sonder engige opwinding stop ons by piekniek plek om ontbyt te maak.  Die volgende 140km was ook maar redelik verveeld met nog Gemsbokke en nog Springbokke en nog Blouwildebeeste en ‘n sinkplaatpad wat jou valstande laat uitval.  

Kgalagadi April 2014 Gemsbo10

Kgalagadi April 2014 Spring10

So 10km voor ons by die hek kom sien ons ‘n klompie voertuie en ons besef dit moet leeus wees.  Yip dit is toe wel so.  Ons het darem die glims gekry van ‘n mooi groot leeumannetjie.  

Kgalagadi April 2014 Leeuma10

Moeg en uitgeput kom ons by ons kamp aan.  Vroeg genoeg om nog ‘n middag slapie in te werk voor die aand se kuier. Om die dag op te som was dit ‘n redelike teleurstellende dag want van die baie  leeus van die Kgalagadi het ons net een gesien.  Ons het wel ‘n groot verskeindeheid roofvoëls gesien.

Kgalagadi April 2014 Voel411

Kgalagadi April 2014 Voel310


Dinsdagoggend 7 uur is ons weer by die hek, maar met ‘n nuwe plan.  Ons gaan net een rigting ry tot by eerste piekniek plek, so 50km, dan gaan ons ontbyt maak en die selfde pad terug ry.  Ons stop om ‘n Sekretaris voël af te neem wat baie snaaks optree.

Kgalagadi April 2014 Sekret11

Nee hy is nie mal nie hy is besig  om ‘n slang te vang. Na ‘n wonderlike vertoning van ratsheid en vernuf het hy daarin geslaag om die slang onder die takke uit te kry en dood te maak en toe op te vreet.  Op die foto kan gesien word dat dit ‘n redelike groot adder was.  Dit was nou werklikwaar iets om te aanskou en iets wat ons nog nie gesien het nie.

Kgalagadi April 2014 Sekret12

Die ontbyt was weereens ‘n reuse sukses met lekker spek en eiers.   Buiten n jakkals en die gewone bokke en voëls het die dag niks verder opgelewer nie.  Ons is redelik vroeg terug by die kamp en besluit om sommer iets ligs by die restourant te kry vir middagete voor ons middagslapie. Sestien dertig kry ons mekaar weer en ry tot by die eerste watergat waar ons vir so 45min rustig gesit en ontspan het en wag vir iets om te gebeur.

Kgalagadi April 2014 Img_0110

Dit lyk naderhand soos ‘n inry teater soos die voertuie perkeer en almal wag op iets om te gebeur wat toe nie gebeur het nie.  Nie eens ‘n bok het kom water drink nie.  Teleurgesteld is ons maar weer terug kamp toe.  Vuur word aangesteek en ‘n lekker bottel rooiwyn word oopgemaak.  Ons drink maar op die sukses van die Sekretarisvoël.  Gerrit verras ons deur te sê hy het vir ons Donderdagaand plek by Nossob in die park gekry.  Dit is nog ‘n glasie rooies waardig.  Weereens vroeg bed toe.

Ons is weer vroeg uit die slaapsakke en vol moed vir die dag wat voorlê. Vandag is 'n kort sirkel roete met weereens ontbyt by eerste piekniek stop. So 5km van die hek af sien ons n groot leeumannetjie in die verte.  Ons vat koers op die Mata Mata pad.  Sien weer n jakkals en paar bokke.  Paar voertuie ry by ons verby net om dadelik weer te stop.  Daar is hy, ‘n luiperd in die gras.  Die gras is lank en moet mens mooi kyk om hom te sien.

Kgalagadi April 2014 Img_0111

Lank ry ons langs die luiperd voordat hy oor die pad loop en oor die duine verdwyn.  WOW was ons nie gelukkig nie.  Dit was nou spesiaal en iets om oor te gesels terwyl ons weer lekker ontbyt maak.  Die res van die dag het ook niks verder opgelewer nie.  Gister se ritueel word herhaal.  Middagslapie en terug park toe.  Die keer net ek en Gerrit. Marie is sleg siek van griep en Marieta besluit sy gaan ook by die kamp bly.  Ek en Gerrit gaan stop weer by die inry en wag vir daardie iets om te gebeur.  Ons vind toe uit dat daar gebeur elke keer niks en dit is waarna die mense kyk.  Die keer het so ‘n paar springbokke darem hom water drink.  Vannaand braai ons Pizzas op die vuur wat gekomplimenteer word met ‘n lekker Sea Brease Merlot.  Ons is opgewonde want more vat ons die 165km Nossob toe.  Kos word gepak vir die twee dae asook ‘n oornag sak.

Donderdagoggend, toe die hekke oopmaak is ons daar. Weet nie of dit die opwinding was nie maar ek het omtrent niks geslaap die nag nie. So ek voel maar papperig.  Wel om ‘n langstorie kort te maak het ons vandag vir 140km ons longe los geskud en net die gewone bokke gesien.  Redelik teleurstellend.  Al opwinding wat daar was, was die lekker French Toast wat ons gehad het vir ontbyt. Marie het behoorlik haar vingers afgelek.

Kgalagadi April 2014 Img_0213

Ons kry ons chalets by Nossob en vra uit oor ‘n nagrit want ons kans om diere dan te sien is beter as deur die nag.  Groot is ons teleurstelling toe ons hoor die gids is met verlof en daar is nie tans nagritte nie.  Die chalets waarin ons bly is netjies en baie lekker beddens.  Dit is ‘n baie besige kamp en die kinders het gespeel tot redelik laat.  Ons het lekker steak gebraai en rustig om n vuurtjie gekuier voor ons gaan inkruip het met die wete dat more ons laaste dag van ons vakansie gaan wees en die groot opwinding van BAIE leeus het ons nog nie ervaar nie maar weer mooi voëls gesien.

Kgalagadi April 2014 Voel610

Kgalagadi April 2014 Voel510

Die laaste dag het aangebreek en ons is die tweede voertuig by die hek uit.  Gelukkig het hulle vroeg die oggend begin om die pad te skraap of eerder hulle sleep bande agter ‘n trekker om die sinkplaat oppervlakte glad te maak.  So ons rit terug was heel lekker gewees. Ons sien omtrent niks wild nie maar nie vir lank nie toe staan daar ‘n leeu voor ons in die pad.  Ons stop en hou haar dop.

Kgalagadi April 2014 Leeu_i10

Sy stap toe die veld in en wraggies, nie lank nie of nog 6 leeus sluit by haar aan.  Ons het die trop gevolg vir meer as 2km in trurat.  Hulle is naderhand voor ons in die pad en toe die veld in en weg.

Kgalagadi April 2014 Img_0210

Kgalagadi April 2014 Img_0211

Hulle het ons meer as n uur besig gehou. Wat dit nog meer lekker maak is dat ons die enigste voertuig was.  Dit was nou iets besonders gewees.  Uiteindelik ‘n goeie klompie leeus gesien.   Baie tevrede stop ons vir ontbyt.  Vanoggend nuttig ons lekker vetkoeke wat Marieta vir ons maak saam met oorskiet braaivleis van die vorige aand.

Kgalagadi April 2014 Img_0214

Weereens eet ons soos konings.  Die res van die dag was baie rustig en het ons net die gewone diere weer gesien.   Ons besluit om ‘n bietjie te gaan le en gaan so 16:30 af restourant toe en ‘n vroee aandete geniet.  Ek en Gerrit het gou gery en bande gaan pomp.   Vannaand sit ons net en gesels  en neem vir oulaas die rustigheid van die nag in en bekyk die sterre.  

Sesuur is ons op en begin kamp opslaan.  Jammer vir die mense om ons maar ons het nou nie ‘n keuse gehad nie. Die sonop is weereens asemrowend mooi.

Kgalagadi April 2014 Img_0012

Alles gepak en ons kry vir G&M en laai hulle tasse in die waentjie en ons vat die pad tot by Molopo Lodge waar ons ‘n baie lekker ontbyt geniet.  Net so 45km van waar ons gebly het.   Met mae vol pak ons die 200km Upington toe aan.  Ou Rooies se radio lol. Hy wil nie speel nie.  Ek en Marieta sê so gelyk ons ruik iets brand.  Daar word gestop en gesoek en vind toe uit dat dit die radio is.  Haal radio uit en alles weer terug na normaal.  Ons slaap oor by Klipwerf Gastehuis in Kuruman.  Die middag kuier ons lekker en kyk rugby by familie van G&M.

Sondag 7:30 is ons in die pad vir die laaste skof Pretoria toe.  Ons stop in Vryburg se Wimpy vir ontbyt en was 14:00 by die huis.

Om op te som:   Die week se rustigheid en kuier was iets besonders.  Behalwe vir Gerrit en veral Marie wat bietjie siek was, was dit ‘n great week.  Wat die Kgalagadi aanbetref, wel ek is bietjie teleurgestel en verkies maar nog die Wildtuin.


Last edited by Admin on Tue May 06, 2014 5:37 pm; edited 2 times in total
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Petri

Petri


Posts : 19
Join date : 2009-07-23
Age : 67
Location : Thohoyandou

Kgalagadi April 2014 Empty
PostSubject: Re: Kgalagadi April 2014   Kgalagadi April 2014 Icon_minitimeTue May 06, 2014 11:40 am

Stunning stuff! (En ja, just call me Jealous for short!)
 alien 
Back to top Go down
http://www.bougainvillalodge.com
 
Kgalagadi April 2014
Back to top 
Page 1 of 1

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
Die Nelle :: Ons toere :: Kgalagadi April 2014-
Jump to: