Die Nelle
Die Nelle
Die Nelle
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.



 
HomeHome  PortalPortal  GalleryGallery  Latest imagesLatest images  SearchSearch  RegisterRegister  Log inLog in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Latest topics
» Passionate photographer
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Dec 07, 2016 8:34 am by Admin

» Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeMon Jan 11, 2016 9:48 am by Admin

» Ons trip verslag
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeThu Apr 23, 2015 10:46 am by Petri

» 1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeThu Sep 18, 2014 9:19 pm by Petri

» Die beplanning
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeTue Sep 16, 2014 9:45 pm by Petri

» Kgalagadi April 2014
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeTue May 06, 2014 11:40 am by Petri

» 7 tot 10 Jan 2010
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeFri Mar 14, 2014 1:03 pm by Admin

» Trip report -Transbaviaans 2010
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Aug 18, 2010 5:21 pm by Petri

» Loosing weight is not easy
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Jul 28, 2010 1:44 pm by Petri


 

 Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan

Go down 
3 posters
AuthorMessage
Andre Nel

Andre Nel


Posts : 35
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Centurion, Gauteng, RSA

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeTue Sep 09, 2014 11:29 am

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Marius11

Marius Visagie 27 April 1981 - 18 Junie 2014

Ek het 'n droom om saam met my seun (Martin), 'n vriend (Dean) die 1520 km van Krugersdorp na Langebaan met bergfietse te ry in slegs 120 aaneenlopende ure.

Ons wil die uitdaging doen vir 'n vriend (Marius) wat ons op n baie jong ouderdom aan die dood afgestaan het weens lewer kanker. Daarom sal die uitdaging ook wees om geld in te samel vir navorsing op kanker by kinders.  Hoe gouer kanker opgespoor kan word hoe beter.  So alle geld wat ons insamel gaan aan CHOC. (Childhood Cancer)  http://www.choc.org.za/

Hoe haalbaar die droom is, dit is weet ek nie, maar enige iets is moontlik en as jy nie probeer nie sal jy nie weet nie. Dit sal maar net 'n fraksie wees van die pyn en lyding wat Marius deurgemaak het.

Ons sal wel n voertuig hê wat saam met ons ry vir ondersteuning en vir veiligheid aangesien ons ook in die donker sal ry. Die eerste twee dae gaan die ergste wees aangesien ons nie baie rus tussen die eerste en die tweede dag gaan kry nie, indien enige.

Die beplande roete is:

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Nuwe_t10


Die span

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Andre_10

Andre die ou man in die span.  Teen die tyd dat ons die trippie gaan aanpak sal ek DV 60 wees.  My belangstelling is die buite lewe en bergfiets ry.  Wat ‘n wonderlike manier om die twee belangstellings bymekaar te bring.

Ek het dieselfde roete met vriend Gary Amory in Des 2013 getrap om geld in te samel vir die Gidshondverening en het dit rustig in 13 dae gedoen. Die keer wil ons dit in slegs 120 ure (5 dae) doen.

Hoekom: Ek wou nog altyd iets doen om te kyk hoe vêr ek my liggaam kan druk, en hoe nou beter om dit te doen deur ‘n sport waarvoor ek baie lief is en dit saam met my seun en n vriend te kan doen.  Dan, om die uitdaging nog soveel meer spesiaal te maak, dra ons die uitdaging op aan ons vriend Marius.

Ultracycling is your hobby - it is not your job, it is not your punishment. You've prepared for months to get to this race and now that you've arrived, there's nowhere in the world you'd rather be. So put a smile on your face, put a song in your heart, and enjoy every minute of it.


Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Martin10_800x600[

Ek is Martin, seun van Andre. Wat kan ek sê, fiets trap is maar in die familie. Van kleins af, vandat ek kan onthou was my pa op n fiets. Dit het sodoende my aangesteek om ook te ry. Ek het altyd maar net sosiaal gery en nou en dan n trip saam met hom gedoen. Of dit nou saam met die kerk was of die laaste dag van sy lang trip Kaap toe in 2013. Die keer gaan dit die heel pad wees en ek wil elke minuut langs my pa wees wanneer hy die groot mylpaal van sy lewe gaan aan pak.

Een ding is verseker: ek sal moet uithaal en wys om dit te maak. Die pyn wat ons gaan deurmaak is, soos Andre gesê het, nie eens ‘n druppel in die see van wat ons net kan dink wat Marius deur gegaan het nie. My motivering: as die pyn gaan intree, as ek ‘n been voel kramp of boude wat seer is, net vir myself sê, “You haven’t even started to feel pain”. Kan nie wag vir 11 Desember 2015 nie. Sien julle aan die ander kant.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Dean110_800x600

Dean…the handsome one. En ek het die t-hemp om dit te bewys. Sal teen traptyd 41 wees, so nie die oudste, maar ook nie die jonkste in die groep nie. Ek hou van alles buitelewe…bergfiets ry, berg klim, stap, 4x4, kamp, veld motorfiets ry. Noem dit en ek het dit al probeer. En as ek dit nog nie gedoen, sal ek dit probeer. Ek is verseker nie ‘n “spectator” nie, so jy sal my nie op ‘n rusbank vang sport kyk nie, ek doen dit eerder self. Baie meer pret.

Hoekom: As die berg daar is, gaan hy geklim word. Hierdie gaan ‘n unieke uitdaging wees en almal in die groep op maniere toets wat nie een van ons al getoets is nie. Fisies sowel as verstandelik. Ek sien uit daarna om die aan te pak saam met mense wat dieselfde uitkyk as ek het en nie terug staan vir ‘n uitdaging nie. En die uitdaging meer die moeite werd te maak, sal ons ry vir die gesondheid van ander mense.


Inskrywing 16 Sept 2014: Op die stadium is elkeen maar nog op sy eie.  Ons drie manne is nog in ons winterslaap alhoewel Andre so drie weke gelede begin oefen het.  Martin en Dean ry so nou en dan saam met vriende vir so 'n uur of twee op Saterdae. Die groot saam oefen sal eers vroeg 2015 begin.  'n Goeie oefen plan moet nog saamgestel word en sekere doelwitte vir die jaar moet daargestel word. Een van die doelwitte sal heel moontlik wees om die Transbaviaans saam te gaan ry.  Dit is 'n 230km wedren wat in 24 uur voltooi moet word.  Dit sal die span 'n goeie aanduiding gee van wat van ons verwag word en wat dit verg om vir 18 tot 20 ure aanmekaar te trap.

Hou gerus hierdie Blog dop vir ons vordering.
Back to top Go down
Petri

Petri


Posts : 19
Join date : 2009-07-23
Age : 67
Location : Thohoyandou

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeTue Sep 16, 2014 9:41 pm

Wow dis wonderlik en julle is almal baie dapper!
Back to top Go down
http://www.bougainvillalodge.com
Andre Nel

Andre Nel


Posts : 35
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Centurion, Gauteng, RSA

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Sep 17, 2014 10:40 am

Of baie dom. Very Happy
Back to top Go down
Petri

Petri


Posts : 19
Join date : 2009-07-23
Age : 67
Location : Thohoyandou

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Sep 17, 2014 5:01 pm

(net so klein bietjie meer guts as verstand!)
En die vierde lid van die span neem verseker sy tyd........
Back to top Go down
http://www.bougainvillalodge.com
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeFri Nov 14, 2014 11:48 am

"I believe the mind is more important than the physical aspects" Sunny McKee
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeMon Jun 01, 2015 12:28 pm

Inskrywing 1 Junie 2015: Ons oefening het nou met alle erns begin. Daar is sleg 193 dae oor. Ons het goeie "Base Training" gedoen tot nou. Ons gaan toe nou nie die Transbaviaans doen soos ons aanvanklik beplan het nie. In die plek daarvan gaan ons 8 tot 10 Augustus 'n langer roete doen. Ons gaan die 8st van Krugersdorp tot op Sannieshof trap (240km) en die 9de van Sannieshof tot Jan Kempdorp (245km). Dit sal vir ons al drie 'n goeie gevoel gee van wat vir ons wag. Daarna sal ons nog 3 maande oor he vir voorbereiding.

Ons het ons trapplan so bietjie gewysig sodat ons in daglig die 16de Des in Langebaan aankom op versoek van ons borge en CHOC. Ons vertrek nou die 11de om 14:00. Dus moet ons in Langebaan wees voor 14:00 op die 16de Desember om dit binne die 120 ure te doen. Die grootste uitdaging op die oomblik is om gefokus en gemoriveerd te bly.
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeTue Jul 07, 2015 10:46 am

Inskrywing 7 Julie 2015

Die tyd loop uit, stadig maar seker kom die datum van 11 Des baie vinnig nader en ook net 4 weke oor voor ons “toets” lopie in Aug. Ons sal verseker meer langer afstande moet begin trap oor naweke. Andre het 4 Julie ‘n 140km gedoen (wat hom amper 7 ure geneem het) en dit het net weereens bevestig dat hierdie ‘n baie moeilike uitdaging gaan wees. Die tweede dag van ons trap in Des is 356km en dit is verseker ons grootste uitdaging. Ons sal die oggend van 12 Des maar so vroeg moontlik moet probeer begin trap, maar dit bring ook weer die ander gevaar van trap in die donker uit. Natuurlik is daar dan ook die weer wat n baie groot faktor gaan wees in hierdie hele storie. Een goeie storm wat ons 2 ure kan vertraag kan beteken dat ons dit nie in die gegewe tyd sal maak nie, of dat ons iewers baie minder sal moet begin slaap wat weer tress op ons liggame gaan meebring. Die feit dat ons besluit het om met slicks te ry as ons op die teerpad is gaan ook ‘n baie groot voordeel in ons guns hê.

Buiten alles hier bo is ons nogsteeds baie positief en oefen ons dapper voort. Ek maak nou die dag die opmerking, eintlik is die 300km plus n dag nie so erg nie, maar die jaar se vasbyt met oefen is somtyds baie moeilik. Min dinge wat in en om die huis gedoen moet word kry aandag. Iewers sal daar wel ook tyd daarvoor gemaak word.
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeThu Aug 06, 2015 6:50 am

Inskrywing 6 Aug 2015

Ons het die afgelope drie maande ‘n goeie oefen program gevolg en ons word elke dag ‘n bietjie sterker. Martin is beslis die een wat die meeste vordering begin wys en hy begin regtig sterk trap.

Die langverwagte naweek van ons oefenlopie is op hande. Hier onder is ons beplande trap vir 8 en 9 Augustus 2015

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Aug_tr10

Daar is besluit om vir die oefenlopie gladde pad bande te gebruik om te sien wat die impak gaan wees op ons gemiddelde spoed. Ons hoop redelik baie. Die beplande gemiddeld is 23km/u en dit sluit ons stoppe uit. Die weer lyk goed, dit gaan koud wees in die oggende maar raak lekker warm deur die dag en die wind lyk ook nie of dit te erg gaan wees nie. Die heelpad gaan dit so n 7km/u wind van reg voor wees. Ons sien baie uit daarna. Natuurlik bly voertuie maar altyd n risiko en met die gladde bande is dit nie altyd so maklik om sommer van die teer af te gaan nie maar as mens moet dan moet mens.

Hou maar die spasie dop vir ons trap verslag na die naweek.
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Aug 12, 2015 9:49 am

Inskrywing 12 Aug 2015

Saterdag 8 Aug

En so begin ons beplande oefen lopie vir Des se uitdaging.  Ons het beplan om 6:30 weg te kom maar ongelukkig het ons eers 7:15 begin trap.  Dit is darem nie so baie koud soos wat ons verwag het nie alhoewel ons drie lekker warm aangetrek is.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Reg_om10_800x600

Aangesiend ie eerste gedeelte redelik opdraandes het begin ons maar stadig maar afgesien van dit sukkel Martin om aan die gang te kom.  Hy reken dit voel of sy fiets se remme vas is. Hoe verder ons vorder en hoe warmer ons bene word hoe makliker begin dit gaan vir ons al drie.  Ons vorde goed en op 50km het ons, ons eerste stop.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Padkos10_800x600

Ons eet lekker broodjies, eiers en biltong en maak waterbottels vol. Die pad is toe nou nie so plat as wat Martin voor gehoop het nie en die ligte brissie van reg voor help ook nie baie nie.

Op 80km begin Dean se knie besering hom pla.  Ons ry beitjie stadiger om hom kans te gee om nie te veel stremming op die knie te sit nie.  Ons middagete stop og Ventersdorp is 30min en weereens eet ons lekker en maak bottle vol.  Ons volgende stop is Coligny, 48km. Net so 10km van Ventersdorp af besluit Dean dit is beter om nie verder te trap nie aangesien hy nie die knie verder wil beseer nie.  Ons bel die vrouens om om te draai (Later gekyk dit was 30km) om Dean te kom oplaai.  Na Dean opgelaai is trap ek en Martin voort en ons kry n baie lekker pas maar die wind begin pla en Martin begin suffer.  Hy maak dit net net tot op Coligny.  Ons stop toe langer as die beplande 15min om Martin kans te gee om te ruse n behoorlik te eet.  Met die hoop dat die wind gaan draai vat ons die laaste 70km aan Sannieshof toe.

Die meeste van die pad wat veronderstel is om afdraande te wees voel soos opdraande met die wind van voor. Dit blyk of Martin sy tweede asem terug gekry het en hy begin weer sterk trap.  Ons stoppe begin nou elke 10km raak sodat ons maar gereeld n breek vat om te ruse n te sorg da tons nie honger word nie. Die laaste 15km ry ons in die donker tot by Sannishof.  Ons het beplan om 17:30 daar aan te kom maar met die laat begin en die wind kom ons toe eers 18:45 daar aan.  Dit is nogal vreemd en ongemaklik om in die donker te ry.  Al het ons goeie ligte bly dit nog maar gevaarlik.

Ons slaap die aand oor by Pumbas B&B en eet n baie lekker hamburger en chips vir aandete wat hulle vir ons voorberei het.   Ons is vroeg bed toe want ons moet 6:30 al weer in die pad val.

Die dag: 222km met n gemiddelde trap spoed van 23.1km/u

Sondag 9 Aug

Tweede en laaste dag van ons oefen lopie of eerder oefen trap.  Beplande afstand vir vandag is 235km tot op Jan Kempdorp.  Die profile van vandag is meestal afdraande.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Baie_k10_800x600

Dit is koud, dit is baie koud.  Die temperatuur staan op -1 graad C.  Dit is net ek en Martin wat vandag gaan trap.  Ons bene vole verbasend goed.  Moet seker die ys wees wat ons gisteraand op ons bene gesit het.  Dean het wyslik besluit om sy knie te laat rus. Ons kom eers 6:45 weg.  Ons is behoorlik warm aangetrek maar die koue sny deur elke oopte wat daar is en Martin se tone vries behoorlik.  Andre het darem warm bootsies oor sy trap skoene.   Natuurlik met die wind en  die spoed waarteen ons ry is die aanvoelheids temperatuur heelwat minder as -1. Ek en Martin vorder goed en ons het vinnig die eerste 48km tot op Delaryville vinnig afgetrap.  Teen die tyd het die voertuie on nog nie opgevang nie want hulle het eers 7:30 ontbyt by die gaste huis gehad. Ek en Martin stop, eerstens da thy sy tone kan probeer ontfries e nook om lekker warm koffie te drink wat ons by enigste oop plek op Delarayvile kon kry.  Ons spandeer seker so 15min voor ons weer begin trap.  Net so 5km uit die dorp toe vang die voertuie ons en ons stop sodat Martin ‘n probleem by die werk kan oplos.  Hy probeer konnekteer met sy Laptop maar sonder sukses en moes toe die persoon maar oor die foon verduidelik wat om te doen.  Dit het ook nog 20 min van ons tyd geneem.  

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Eet10_800x600

Teen die tyd wat ons toe weer aan die trap kom het die wind nou lekker begin spoed op tel, reg van voor. Ons besef vandag gaan nie n maklike dag wees nie. Ons vorde maar ons vorder maar stadig. Soms onder 20km/u.  Die wind begin Martin van gen soms raak by bietjie moedeloos.  Ons besluit om maar meer dikwels te stop sodat ons kan rus en bly eet aangesien ons baie kos verbrand.  Afgesien van Martin se gesukkel teen die wind wys hy baie deursettings vermoe en bly trap. Met die rigting wat die wind waai en die rigting waar in ons gaan ry na Vryburg oppad Jan Kempdorp toe gaan ons die wind in ons blaaie kry end it gee ons bietjie meer moed vir die laaste 118km.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Vrybur11

Ons kom pootuit by Vryburg aan, twee ure na skedule.  Dean hulle het vooruit gery en vir ons lekker hamburger gaan koop en lekker warm koffie. Ons ontspan vir so 30min.

Die laaste lang skof le voor en on sweet osn gaan eers omtren 22:00 in Jan Kempdorp aankom. Intussen het ons besluit ons wil die aand braai.  Marieta kry die opdrag om vir Berta te skakel om te hoor of dit moontlik is. Intussen het ek en Martin begin trap.  Nee dit is toe nou nie so nie, die wind het gedraai en kom van skuins voor.  Gelukkig is daar nie baie opdraandes nie en kan ons darem spoed hou.  Met ons eerste stop na so 30km hoor ons alles is gereel vir die braai.  Iets om na uit te sien. Ek en Martin vorder baie goed en so hier en daar sit ons nogal lekekr spoed op.   Op 90km oor besluit ons dat ons net gaan ry tot dit donker is.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Oor_en10_800x600

Op 80km besluit ons da tons nog 10km gaan doen.  Die wind het gaan le en nou wikkel ons behoorlik en jag ons mekaar en is die 10km sommer gou verby maar op 70km oor is ons nou behoorlik op gejaag.  Ons besluit om op te hou aangesien dit nou begin donker raak.  Wyse besluit want om eers teen 22:00 te begin braai gaan nie n goie opsie wees nie.  Ons bel vir Berta en se ons gaan 19:00 daar wees.

Wat ‘n wonderlike ontvangs kry ons nie. Hoe se Jacqi “Home from Home”  Alles gereel, lekker T-Bene wat ons kan braai, pot pap en sous en n lekker bord eetgoete vir terwyl ons braai. Ons stort en gaan sit buite op stoep en braai en kuier en weereens besef ons dat dit die regte besluit was om op te hou trap, ons het bereik wat ons wou. Na ete is ons almal bed toe en uitegapass.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Lekker10_800x600

Die dag: 163km met n gemiddelde trap spoed van 20.9km/u.  Gesien aan die gemiddeld kan mens sien die wind het ons besig gehou.

Om saam te vat:  Dit was n baie suksesvolle trip en het ons baie wys geword. Eerstens ons is verseker nog nie fiks genoeg nie.  Ons sal ons beplande trap dae se afstande moet aanpas.  Tweedens is dat ek ons beplande gemiddelde spoed afwaarts sal moet aanpas.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Done_i10


Last edited by Admin on Wed Aug 12, 2015 12:16 pm; edited 1 time in total
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Aug 12, 2015 11:51 am

Na die naweek se oefen trap het ons besluit om ons program vir Des aan te pas maar nogsteeds in die 120 ure

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Nuwe_t10
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Petri

Petri


Posts : 19
Join date : 2009-07-23
Age : 67
Location : Thohoyandou

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeTue Aug 18, 2015 7:41 pm

If the plan doesn't work change the plan but never the goal! Well done! cheers
Back to top Go down
http://www.bougainvillalodge.com
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeTue Aug 25, 2015 8:27 am

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Trap_p10_800x600
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeTue Sep 01, 2015 9:21 am

Met slegs 100 dae oor begin ons beplanning nou mooi in plek val.

Ons oefening vorder goed behalwe vir Dean wat sukkel met 'n knie besering wat hy besig is om reg te kry. Ons hoop en glo hy sal reg weesvir die trap. Soos ek al vir mense gese het, die trap in Des is nie so erg nie, dit is die jaar se vasbyt om voor te berei wat tuff is. Daar is maar net dae wat mens nie lus is vir oefen nie, maar jy moet maar.

Tarien en Rikus van Kyna Consili (Events) het CHOC in Vredenburg gaan sien en met nog wonderlike idees voor n dag gekom om geld in te samel.

Die Plaaskombuis op Langebaan het ingestem om vir ons 'n ontbyt te hou waarvan ons die kaartjies gaan verkoop teen n klein wins. Die ontbyt gaan van 07:00 tot 10:00 wees met vermaaklikheids kunstenaars wat gaan optree. Ons verwagte aankomstyd sal net voor 08:00 wees. Verseker iets om na uit te sien.

Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeSun Sep 20, 2015 9:14 am

Inskrywing 19 Sept 2015

Nog net 80 dae om te gaan.  Dinge begin nou mooi in plek val.  Boesmanland Plaaskambuis het ingestem om vir ons n onthaal ontbyt te gee op die 16 Des en Anriette Norman het ingestem om so n paar liedjies vir ons te sing.  O ja en sy gaan van Veldrif tot Langebaan saam met ons ry.

Hier is ons roete met die profiel van elke dag.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  11_des10_800x600

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  12_des10_800x600

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  13_des10_800x600

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Dag_4_10_800x600

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  15_des10_800x600

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  16_des10_800x600


Last edited by Admin on Tue Dec 01, 2015 6:09 pm; edited 1 time in total
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeMon Nov 09, 2015 10:33 am

En so bereik ons die 30 dae merk. Om voluit te gaan vir Cycle4Canser het ek en Martin besluit om ons hare af te sny.  Ons motto is mos, As jy iets doen dan doen jy dit voluit.. Dean se hare is inelkgeval af.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Koppe10_800x600

Dit het ook sommer saam geval met my 60st verjaarsdag.

Daar bly nou 3 weke se tuwwe oefening oor en dan begin ons afskaal.  Ek glo ons is daar.  Ons gaan verseker nie meer baie fikser word nie.  Moet nou net mooi momentum hou tot die 11 Desember.
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Nov 11, 2015 8:49 am

Inskrywing 11 Nov 2015

Ek het al n paar keer gesê, om in 120 uur 1520km te trap is nie so erg nie, maar om n hele jaar daarvoor te oefen is wat my vang. Dit vat ongelooflike deursettings vermoë om van die werk af te kom en dan te gaan oefen. Party dae is ek sommer net gatvol vir oefen en vir fietsry.

Intussen het Dean se knieg baie goed begin saam werk en raak hy nou baie vining fiks en sterk. Luther toon verseker die beste vordering van ons al drie. Die komende naweek gaan ons weer en ons laaste ultra lang afstande oefen. Laaste baie langes was in die winter gewees en baie lekker gewees. Ons moet dit in die hitte begin doen. Ek sien hulle voorspel reen wat ook n faktor kan wees vir die naweek se oefening.

29dae 21uur en 10min om te gaan.
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeWed Nov 25, 2015 12:28 pm

Inskrywing 25 Nov 2015

So het ons, ons laaste lang trap voor die groot trap gedoen die 21st Nov.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Laaste11_800x600

Op 70km was ons nog sterk maar die dryfkrag was afwesig.  Die jaar se oefening begin nou sy tol eis. Die bene is sterk maar die wil vir oefen is nie meer daar nie. Ons het beplan vir 200km maar op 135km was ons al drie redelik gatvol en het in die kar geklim.   Een voordeel en ook n nadeel met n voertuig wat saam ry. Die 11de Desember moet nou aanbreek dat ons die ding kan begin en probeer klaar maak. Ek glo ons is reg.  Wel as ons nie nou reg is nie, sal ons verseker ook nie reg wees teen 11 Desember nie.

Ons al drie sien nog baie uit na die trap al weet ons dit gaan baie moeilik wees. Wel dit sou nog nooit maklik gewees het. Die weer kan natuurlik die groot faktor wees. Ons het amper elke keer in die wind geoefen en hy kan ons aansienlik stadiger as beplan laat trap. Ons gemiddeld vir die teerpad gedeeltes is 21km/u en vir die grond 17km/u. Met n 20km/u wind van voor kan dit baie moeilik raak, Maar nou ja ons weet ons kan nie die weer beheer nie behalwe om te bid dat dit lekker weer sal wees.
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitimeMon Jan 11, 2016 9:48 am

Laaste inskrywing 11 Jan 2016

Dag 1 - 11 Des 2015

En so het die dag aangebreek om ons trap te begin.

Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Dag1a10_800x600

Ons was maar senuagtig oor dit wat voorle maar ons was nie bang nie.  Van die begin af was die wind in ons gesigte.  Ons het gou besef ons beplande 21km/u gaan nie haalbaar wees in die wind nie.  Ons kon so 19km/u handhaaf.  Dit maak n groot impak op ons tye.  Natuurlik het ons geweet die hitte gaan ook n groot rol speel maar het nie gedink dit gaan so erg wees nie.  Ons het so twee ure na beplande tyd in Sannieshof aangekom. Afgesien dat ons so 30min in die voertuie moes sit en wag dat 'n lekker donderstrom verby gaan en later n tipiese Westransvaalse stofstorm ons beetgekry het was die dag verder sonder enige insidente en die verkeer was ons goed gesind gewees.  Ons het die dag afgesluit met lekker pasta wat ons ondersteunings span vir ons voorberei het.

Dag 2 - 12 Des 2015

Die dag het sommer dadedelik verkeerd begin.  Vir een of ander rede het my horlosie sommer sy eie tyd met 'n uur aangepas en toe ek uiteindelik opstaan toe kom haal hulle my dat ons moet begin trap. So ons het die dag om 05:00 'n uur later as wat beplan was.  Gelukkig was die van Sannishof tot by Delaryville on genadig en het so effe van agter gewaai. Ons het hoop gehad vir die dag.  As die wind so gaan aanhou gaan ons vinnig verlore tyd opmaak en gaan ons n lekker dag beleef.  Na ons koffie breek op Delaryville het die wind gedraai en was hy weer reg van voor.  Ons het voor gespook en moes met meer intervalle stop om water te kry want die hitte het begin erg word.  Op Vryburg aangekom was on reeds 95min agter skedule.  Na lekker hamburgers wat weereens deur ons wonderlike ondersteuningspan voorberei was het ons die laaste 120km Jan Kempdorp toe aangepak. Na 20km het Martin siek geword en opgegooi van die hitte.  Ons het besluit om aantegaan na hy 'n rukkie gerus het.  Dit het toe beter gegaan maar die hitte het al erger geword.  So 60km voor Jan Kempdorp het die hitte ons in ons spore gestop. Om in 46 grade fiets te ry is nie 'n grap nie, eerder gevaarlik.  Ons besluit toe dat dit beter vir ons sal wees om nie daardie dag verder te ry nie aangesien een van ons dalk sal sleg siek sal word en dan is die een se toer daarmee heen.  Ons het die dag afgesluit by die swembad met lekker koue waartlemoen en 'n T-Been braai wat Berta van Jan Kempdorp Hotel vir ons geborg het.  Met natuurlik die nodige bykosse.  Op die stadium voel ons nog goed behalwe vir Martin wat skaafplekke het waar sy rybroek hom geskaaf het.  Ons is vroeg in die bed want dit is vroeg wikkel die volgende oggend.

Dag 3 - 13 Des 2015

Ons kom eers 03:30 weg ipv 03:00.  Vandag begin ons met grondpaaie, 165km daarvan.  Die eerste 50km gaan goed dit is nog op teerpad.  Dit is lekker koud en vinnig soek ons koffie.  Rikus is vinnig om water te kook en ons drink koffie terwyl die son besig is om sy kop uit te steek.  Ons stop weer toe die grondpad begin om wiele om te ruil vir die grondpad. Ons vorder baie vinniger op die grondpad as wat ons beplan het maar die uur wat ons reeds agter is gaan ons nie maklik opmaak nie.  Na so 'n 100km kon Martin nie meer sit nie en moes hy homself onttrek.  Natuurlik was hy teen die grond en het geglo sy toer is verby.  Die karoo son het ons omtrent beet gekry en verbrand. Veertig km voor Douglas besluit ons dit is genoeg vir die dag.  Ons ry verder met voertuie tot op Prieska.  Het het Lyhandi alles in die boek gedoen om Martin die stukkende boude so te kry dat hy die volgende dag verder kon saam ry.  Ons besluit om die roete te verander en om met voertuie tot op Vosburg te ry om sodoende die 165km grondpad uit te sluit.  Dit maak die dak so 65 km korter. Die son sit nog hoog toe ons beddens toe is.

Dag 4 - 14 Des 2015

Ons het beplan om 01:00 te ry maar kom eers 01:30 daar weg.  Om was 02:30 in Vosburg en het begin trap. Vanoggend was dit bitter koud en het ons alles wat warm is aangetrek.  Gelukkig is die wind in die nag nie so erg as in die dag nie en het ons goed gevorder tot na ontbyt toe het die wind begin waai en was dit nog kouer. Martin het weer saam begin ry en sy boude het wonderbaarlik oornag herstel.  Alhoewel dit nog rou en stukkend was kon hy sit en trap. Met elke stop is daar net weer salf op gesit. Ons stop by Carnavon Hotel vir iets om te drink en bestel sommer iets om te eet.  Wat 'n groot fout ons verloor 2 ure se trap tyd. Na 20km stop ons vir bene rek.  Daar wil die Peugot nie start nie. Battery dood.  Gelukkig het ons spaar battery in waentjie wat ons gebruik het om lig batterye te laai.  Ons verloor nog n uur.  So 40km voor Williston besluit ons dit is genoeg vir die dag ons gaan te laat aankom aangesien ons die volgende oggend reed weer 00:30 moet opstaan om 01:00 te begin trap.  Ons kry die lekkerste bord kookkos met skaaptjops vir aandete by die Ark waar ons oorslaap. Om eettafel bespreek ons soos gewoonlik die volgende dag.  Daar word besluit om weereen die grondpad te skiep en ons besluit om aan te hou in die rigting van Van Rhynsdorp soos wat die tyd ons dit toelaat.  Op die manier gaan ons nie baie kilometer vir die dag verloor nie.  Dean en Martin was hulle fietse ek het nie krag en lus daarvoor nie.  Ek is dadelik bed toe.  Ek is afterall die ouman onder die drie.

Dag 5 - 15 Des 2015

Die Peugot se battery was oornag op laai en hy word weer terug gesit maar wil nogsteeds nie werk nie.  Dus word ander battery weer teruggesit.  Ons kom eers 02:00 aan die trap. Dit is koud, dit is bitter koud.  Vandag gaan n lang dag wees.  Ons vorder redelik goed tot op Calvinia waar ons stop vir middagete.  Lekker hamburgers.  Die pad tussen Calvinia en Nieuwdwille is 45km van opdraande en baie sterk wind van voor.  Op 'n stadium is ek van die pad af gewaai met fiets en al.  Ons beur die kilometer een vir een voort teen die wind met groot afwagting vir Van Rhynspass waar ons darem 8km van lekker vet afdraande het.  Ons vlieg teen die pas af teen 68km/u.  Ongeslukkig was dit net 5km van lekker wat heeltemal te vinnig verby gegaan het.  Onder die pas besluit ons dit is nou teyf om weer in die voertuie te klim en dan te ry tot by Clanwilliam waar ons die laast 50km weer gaan trap.  Nou waai die Suid Ooster baie lekker en is daar meer opdraandes as wat ons verwag het.  Ons kom eers 22:00 in Elandsbaai aan.  Dadelik bed toe aangesien ons weer 00:30 moet opstaan. Net 2 ure se slaap.

Dag 6 - 16 Des 2015

Vandag is dit die laaste 105km.  My broer Theo en my skoonseun David sluit by ons aan vir die laaste skof.  Ons moet 05:00 op Velddrif wees waar 'n groep plaaslike trappers by ons gaan aansluit om die laaste 35km saam met ons te trap.  Ons trap so goed dat ons reeds om 04:00 op Velddrif is.  Ons le en slaap sommer op die sypaadjie en wag vir ander trappers om by ons aan te sluit.  Weereens is dit koud verby. Martin het later in kar gaan le met verhitter aan net om te kan warm word.  My broer Theo sit toegedraai met 'n kombers.  Het ek al genoem dat dit koud was.  Na almal by ons aangesluit het vertrek ons om 05:45 uit Velddrif.  Weereens vorder ons baie goed en word ons gevra om stadiger te ry aangesien ons te vinnig is vir die mense by die eindpunt.  Groot was die blydskap en verligting vir party toe ons uiteindelik by Boesmanland Plaaskombuis in Langebaan aan kom, 119 ure en 1050km later.

Om op te som

Mens het soms drome en mikpunte in die lewe waarna mens streef en voorberei voor, maar wat nie uitwerk soos jy dit gedroom het nie.  Nou die droom was een van daardie drome.  Die droom was om 1520km te trap in 120 ure.  Ons het sleg 1050km gemaak weens verskeie redes. So ja ek is baie teleurgestel veral omdat so baie mense gese het dit kan nie gedoen word nie.  Vandag weet ek en glo ek nog meer dat dit wel gedoen kan word.

Maar dit gese was dit nogsteeds 'n groot voorreg om dit saam met my seun te kon gedoen het.  Daar is min "Pa en Seun" wat die geleentheid het wat so iets saam kan aanpak. Ons is beide bevoorreg om geseend te wees met goeie gesondheid.

Die vraag wat gevra word "Sal jy dit weer doen" en die antwoord is ongetwyfeld ja, as ek dit weer saam met my seun kan doen.
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Sponsored content





Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Empty
PostSubject: Re: Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan    Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan  Icon_minitime

Back to top Go down
 
Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan
Back to top 
Page 1 of 1
 Similar topics
-
» 1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
Die Nelle :: MTB (Mountain Bike) :: I have a dream-
Jump to: