Die Nelle
Die Nelle
Die Nelle
Would you like to react to this message? Create an account in a few clicks or log in to continue.



 
HomeHome  PortalPortal  GalleryGallery  Latest imagesLatest images  SearchSearch  RegisterRegister  Log inLog in  
Search
 
 

Display results as :
 
Rechercher Advanced Search
Latest topics
» Passionate photographer
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeWed Dec 07, 2016 8:34 am by Admin

» Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeMon Jan 11, 2016 9:48 am by Admin

» Ons trip verslag
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeThu Apr 23, 2015 10:46 am by Petri

» 1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeThu Sep 18, 2014 9:19 pm by Petri

» Die beplanning
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeTue Sep 16, 2014 9:45 pm by Petri

» Kgalagadi April 2014
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeTue May 06, 2014 11:40 am by Petri

» 7 tot 10 Jan 2010
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeFri Mar 14, 2014 1:03 pm by Admin

» Trip report -Transbaviaans 2010
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeWed Aug 18, 2010 5:21 pm by Petri

» Loosing weight is not easy
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeWed Jul 28, 2010 1:44 pm by Petri


 

 1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan

Go down 
2 posters
AuthorMessage
Admin
Admin
Admin


Posts : 24
Join date : 2009-07-22
Age : 68
Location : Pretoria

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Empty
PostSubject: 1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan   1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeThu Sep 18, 2014 10:54 am

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag01a10_800x600

Garry Links en Andre regs

Vol moed die aand voor ons vertrek.  Afskeid by Parrots in Centurion wat vir ons die Pizzas geborg het met ons klere wat deur Second Skins geborg is.

Dag een

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag01c10_800x600

En so verlaat ons 'n baie mistige Gauteng agter op ons eerste dag

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag01d10_800x600

Middagete so 60km voor Ventersdorp

Andre: Vandag se rit was baie lekker. Twee ure vinniger klaar gemaak as wat beplan was. Die omgewing het baie reen gehad en was net ontmoontlik om op die grond langs die teer te ry. Heg toe maar verkeer getrotseer en op teer gery. Natuurlik daarom dat ons so goed gery het. Op 90km het ons die extra gewig van ons vrag begin voel. Hier kom pret met langer dae. Ons oornag by Rubicon Gastehuis op Ventersdorp wat die verblyf vir ons geborg het. Uitstekende plek. Kamers wonderlik en mense baie gasvry. Ons het halwe hoender en groente bestel vir vannaand. Ons beplan om so na moontlik aan 5 uur more oggend weg te kom. More is 121km to by Sanniehof

Dag twee

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag02c10_800x600

Wat 'n wonderlike plek om bene te rek vir middag ete.  Net by Coligne

Andre: Vandag se rit was lekker rustig en ons het goed gevorder.  Weereens heelwat vinniger as wat ons beplan het.  Ons het op Delaryville by 'n koffiehuis gestop vir 'n lekker koppie moerkoffie en 'n toebrootjie.  Ons het 'n klein maar baie gerieflike kamer by Pumbas Gastehuis.  Weereens het ons eers ons klere gewas en gestort.  Dit sal maar die gewoonte wees vir die dae wat kom.  Ons elkeen het net twee stelle klere.  Op die stadium voel ons nog goed en baie sterk.  Ons ry lekker saam en maak lekker beurte om voor te ry.  Het ook baie tyd om lekker te gesels waar die pad ons toelaat om langs mekaar te ry.  Ons gaan vir 'n lekker vroë aandete sodat ons vroeg in die bed kan klim.  Wil more 5 uur in die pad val vir die skof Vryburg toe.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag02j10_800x600

'n Baie lekker T-Been met yskoue Windhoek vir aandete by Pumbas in Sannieshof

Dag Drie

Andre:  Vandag was dag drie.  Die dag wat ek die meeste oor bekommerd was.  Nie net uit 'n verkeer perspiktief nie maar ook uit 'n gemoeds oogpunt.  Dit was 123km van lekker hitte en wind.  Ons het elke 30km gestop en bene gerek en gesorg dat ons gereeld eet en genoeg drink.  Dit was vir my 'n persoonlike sielkundige mylpaal om tot by Vryburg te kom.  Met die eerste garage wat ons kry het ons eers gestop en elkeen 'n lekker yskoue Coke gekoop.  Ons liggame het gesmag na suiker.  Nadat ons rustig die Coke gesit en drink het is ons die laaste 5km Geckos Gastehuis toe.  Waar yskoue biere vir ons gewag het.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag03c10_800x600

Wat 'n ontvangs by Geggo's gastehuis in Vryburg.

Na ons daglikse ritueel het ons bietjie gerus voordat ons Ocean Basket gaan opsoek het vir aandete wat eintlik 'n laat middag ete was.  Nag ou grote, more draai ons suid.

Dag vier

Andre: More more.  Vandag 'n kort 113km wat baie plat moet wees. Hel die muskiete het ons opgevreet laasnag.  Die kamer was maar klein en beknop en vrek warm.  Die opgewondenheid is groot vir vandag, vandag verander ons rigting SUID.  Sien julle op die einde.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag04a10_800x600

Sonop net buite Vryburg

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag04k10_800x600

'n Melkskommel was nog nooit so lekker nie

Garry: We both woke up this morning not feeling great but I remember saying to Andre that some of my best race results were achieved not feeling great in the morning. We left with our lights on and caught the sun rise as we left Vryburg. The wind on our left shoulder we hit an easy gear and spun warming up the lazy legs. Not long and we were easily traveling at 27 to 29 kph. Riding within ourselves we soon realized that we were going to get to Jankempsdorp to early to check into the hotel. We decided to continue at the pace that suited us and stopped often to take photos and enjoy our self made padkos. After a milkshake at Pecan SA we hit the road again with the wind now from behind and somewhat stronger. It was very hot when we got to the hotel at 11.20am.

A good cold shower to cool off, washed clothes, stretched and off to the lounge for to cold frosties and lunch. A good days riding.

Now for a rest and prepare for that dreaded 183 Km to Douglas. No problem this is what we trained for and will eat it up in 6 x 30km bites

Thanks to everyone for all the support and encouragement.
Ciao from Man van STAAL and Soutie

Dag Vyf

Andre:  More julle.  Vandag gaan baie moeilik wees aangesien die bene vanoggend moeg is.  Dit is 183km tot op Douglas waarvan die meeste grondpad is.   Ons sal ook nie opvangs hê vir die grootste gedeelte nie. Hier gaan ons.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag05g10_800x600

Wat meer kan mens sê

Andre: Dit het die hele vorige aand gereen. Behoorlik gereen. Ons is 4 uur weg op Jan Kempsdorp. Pas was goed tot ons grondpad getref het. Baie water en lekker sinkplaat pad tot halfpad met wind skuins van agter. Ons moes afdraai na Delportshoop om water te gaan opvul. Dit het 12km extra by die 185km gesit. Toe is dit die res van die dag was die grondpad beter maar n sterk wind het teen ons gedraai. Dit was maar lekker tuff. Op 140km het ons lekker groot koelte boom gekry waar ons n halfuur geslaap het. Die volgende 50km kon nie einde kry nie. Bult op en bult af met wind reg van voor. Die humor, kameraadskap en motivering het weereens ons hier deur gekry. Groot was ons blydskap toe ons teerpad vir laaste 10km gekry het. Ja dit was n lang dag, baie lang dag. Ons voel verbasend goed in gees en bene. More is dit 130km en ons gaan eers 6 uur begin.

Dankie vir al die ondersteuning dit help baie.

Dag Ses

Martin Nel: More aan al die mense. Vandag se trip is 128km van Douglas tot Prieska. Weer: 97% bewolk en net 16% kaans vir reen. Die wind vang hulle teen 10km/h van die regter kant af. Vanmiddag 2 uur stoot die kanse vir reen op na 60%. Sterkte julle.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag06i10_800x600

Vandag was dit baie warm en nerens was koelte

Garry: Well let me start with the end where the juicy part of the story is. We walked the town (Prieska) flat to find a lekker tjoppie to braai can you believe in the great Karoo there is no lamp to be found on a Monday because the weekends are to bussy anywhay we found awesome rump steak, mielies, baked potatoes, garlic roles and a good 2009 bottle of red whine each. A meal good for a boere king and an awesome end to a good day. We woke up early as usual and finally got the tiered bodies onto the bikes at 6.30am a late start for us. At first we tried to get that tar strip pace up to the normal 24 kph but alas the 199 had taken its toll and the weary legs setttled in to 22kph. A few well earned rest and cat knaps made the day longer, but what the hell this is a tour after all. Even though the day was harder than usual the company was good and the sense of humour even better. The rest day well timed for tbe 7th day a rest day as the bodies are telling us so as well. An awesome experience that is going by far to fast as we are always busy with something. Thank you for all the following encouragement and support. Houston we are signing out now and coms will reasume at 8am tomorrow. God Bless from Man van staal en Turbo Blaster!

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag06t10_800x600

Soos Gary beskryf het

Dag Sewe

Martin Nel: More almal. Dag 7: Vandag se km is 0. Weer: Die son sit lekker en net so 40% bewolk. Van 10am is daar 50% kaans vir reen. Die wind lê rustig op 11km/h NNO. Dit is n lekker dag met net 27° max. Maar wie gee om want hulle rus te lekker.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag07a10_800x600

'n Lekker masering

Na 'n wonderlike nagrus en ons lekker laat geslaap het, het ons 'n baie lekker plaas ontbyt genuttig by ons gasteguis.  Gariep Gastehuis wat ook vir ons een van ons twee aande geborg het.  Ons het lekker rondgestap en elkeen gegaan vir lekker masering waarna ons 'n bietjie gaan slaap het.

Ons het ook fietse gewas en Garry sien toe dat hy 'n speek gebreek het op sy agterwiel.  Ek glo nie dit sal n probleem wees nie maar ons reel vir ekstra speke wat Marieta moet saambring.

Toe het ons 'n lekker aandete gaan nuttig by n naby geleë restourant op die oewers van die Garieprivier.  

Vannaan gaan ons vroeg slaap.


Dag Agt

Martin Nel: More almal. Dag 8. 169km. Prieska na Carnavon. Hulle het omtrent 145km grond pad en ons hoop dit is nie te erg nie. Weer: dit gaan weer bietjie warm wees maar bietjie bewolkerig en later in die oggend 50% kans vir reen. Die wind gaan pla teen 14km/h links van voor. Mooi ry manne.

Martin Nel: Hulle het nou al 37km agter die blad. Vandag sal ons nie updates kan gee nie want waar hul vandag ry is geen sein nie. Ons mag miskien by 70km rond n posisie kry en dan weer niks verder nie tot die einde.

Martin Nel: Mense ek het hulle weer gevind. Hulle het al 165km gedoen so hulle het 4km oor. Die manne leef nog.

Martin Nel: Die manne is veilig. Ons sal seker binnekort van hulle begin hoor.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag05e10_800x600

Die grondpaaie was plek plek sopnat

Andre:  Ja dit was n laaaaang dag. Langer as verwag. Water was amper probleem gelukkig windpomp gekry en toe lekker boorgat water gekry. Die wind was heeldag van voor. Ons is 4 uur op Prieska weg en dit was vrek koud tot na 8. Alles wat warm is aangehag.  Ons het op 110km lekker boom gekry waar ons weer vir 45 min geslaap het en gehoop die wolke trek toe. Maar net die wind wat meer begin waai het. Toe het ons so elke uur gestop. Die laaste 10km was een laaank klim. Was baie bly om die dorp uiteindelik te sien.  Die Hotel is maar gat plek maar ons slaap gelukkig net hier. Wel ek hoop met al die lawaai buite.

Dag Nege

Martin Nel: More al die mense. Dag 9. 130km vir die dag. Carnavon na Wiliston.  Hulle het n klein buldjie as hulle begin, daarna het hulle afdraande vir die meeste van die pad. Hulle het weer nie sein vandag nie so ons sal in spanning wag van so 3uur af. Weer: dit is nogal koud teen 12° en hulle het n head wind van 14km/h. Geen wolke en geen reën vir hulle nie. Sterkte vir die dag julle.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag09b10_800x600

Wiliston Mall

Andre: 129km klaar. Was n lekker rustige dag op die fiets. Ons het net so oor die 22km/h gehandhaaf. Met tye wel teen 33kmh gery.  Wind was weereens in ons guns. Klaar in geboek, gebad en wasgoed gedoen. Gaan nou iets soek om te eet.

Wat 'n wondelike blyplek by Die Ark in Wiliston.  Ons het Ouma se huis gekry om oor te bly.  'n Hele huis vir ons self.  Het 'n baie lekker lam's burger gehad vir middag ete.  Ja ja ok n koue een of was dit twee.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag09c10_800x600

Mense het ons die lekkerste aandete gehad.  Lekker bord gekookte kos.  Ons moes net die kos gekomplimenteer met 'n lekker bottel rooiwyn.

Dag Tien

Happy birthday Gary. Hope it is  a great year and may there be many more.

Happy birthday my darling GG. Friday the 13

En nog baie meer goeie wense vir Gary op sy verjaarsdag.

Martin Nel: More more almal. Dit is dag 10 vandag. 116km. Williston na Calvinia. Die manne kom nou vinnig nader. Weer: nie te warm nie op 24°. Die wind is baie lig maar darm van skuins agter. Nader aan die einde draai hy reg in hulle gesig teen n tuwwe 18km/h. Lekker trap en Happy Happy Gary.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag10c10_800x600

Happy happy

Gary: Thanks to everyone for all the good wishes and birthday messengers   Having a ham sandwich for breakfast with Andre after the first 70km. Having a great day on the bike so far 3 and a bit hours into our ride. We are turkey blessed to experience this and to see Gods hand in nature from so close while we cycle. This was a awesome day with a lekker part with Andre's friends, Marieta and a suprice birthday cake.

Dag Elf

Martin Nel: More almal. Jammer maar julle moet nou bietjie wag want ek is nou op verlof so ek slaap laat. Dag 11. 152km  Calvina na Clanwilliam en ons hoop dit is n mooi grondpad. Weer: lekker warm dag met geen wolke in die oggend en begin n bietjie toe trek in die middag. Hulle gaan weer 30° tref vandag en gaan hulle 'n 10km/h S wind kry. Ek dink na vandag gaan hulle die see al ruik. Mooi ry julle.

Gary: Hi everyone a very hot but awesome scenic ride through Botterberg Kloof. Unfortunately I broke a second spoke as we reached the tar again. Nursed the bike to a farm store were the wheel finally buckeled do badly I could not ride further. A good samareton  kindly gave me and the bike a lift 34Km into Clan William. Andre on his way on his own.  Martin (Andre's brother from Cape Town) is bringing a spare wheel so I will be able to continue tomorrow.  Felt bad leaving Andre to complete the last 34 Km on his own because of huge hill and head wind.  Good luck Andre I will have cold beers waiting. Thanks to the AWESOME Nel family we will be able to finish together.  Greatly appreciated.  

Andre: Ons het vanoggend 4 uur begin in yskoue . Dit was nie ons dag nie. Eers het my foon nie deur die nag gelaai nie dus het my tracking nie die hele dag gehou nie. Toe na 15 min op die pad in die donker toe vrek my lig.  Toe ry ons maar verder op Gary se lig. Als het verder goed verloop tot Gary n 2de speek gebreek het. Met 35km oor moes hy maar gedwonge n geleentheid in kry Clanwilliam toe.  Ek het toe my sakke vir hom gegee om saam te neem. Dankie tog anders het ek nie die pas gemaak nie. Ja wat n pas met n wind wat my dood in my spore gestop het. Self so erg dag ek nie eens my fiets kon stoot nie. Ek moes selfs die afdraande trap. Dit was verseker my 2de swaarste dag ooit op n fiets gewees.  Vanaand het my broer Martin by ons aangesluit vir die laaste twee dae. Nou lekker geeet en gaan nou slaap. Geen idee wat die regte afstand was nie of hoe lank ek gery het nie. Al wat ek weet, dit was tuff.

Dag Twaalf

Andre: More julle. Elandsbaai is net 65km. Ons gaan 7 uur ry. Dit gaan 'n lekker rustige dag wees.  Martin en Gary het hul klere by my ingelaai want Gary ry op my broer Paul se fiets en die het natuurlik nie sakke op nie.   So die ou man moet die hangkas ook nog saam ry.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag12c10

Altyd tyd om te stop vir n foto

Andre: Die dag was kort en lekker. Elizette en kids het ons langs die pad ontmoet so 'n entjie voor Elandsbaai.  Martin ry voor hy breek die wind vir ons.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag12j10_800x600

Wat 'n lekker gesig toe ons die laaste bult oor is en ons sien die see.  Kry sommer so 'n warm gevoel in my.  Vannaand kom Marieta en Barbara deur van Langebaan af om die aand met ons deur te bring.

Ons met vrouens en Martin en sy gesin het n wonderlike aandete gehad en lekker gekuier.  Ons is reg vir wat more vir ons gaan gee.  Ons weet daar gaan redelike wind wees.  Dit is mos maar die Kaap. Gelukkig is dit 110km wat bai plat is.

Dag Dertien

Andre: Goeie more. So het die laaste dag net soos die eerste dag aangebreek, mistig en koel.  Vrag is darem ligter want alles is opgeeet. G ry sonder vrag aangesien hy met n ander fiets ry. Die wind gaan verseker n faktor wees vandag. Ons hoop om 12 uur in Langebaan te wees. 'n Paar mense  van Langebaan  beplan om saam te ry van Veldrif af en nog n paar die laaste 5km. Dit was n jaar se uitsien en beplanning wat nou tot n einde kom. Maak mens eintlik so bietjie emosioneel. Ons wil 5 uur ry maar dit is nog donker in die Kaap. Lekker dag almal.

En hier stap my seun in om my te verras en die laaste skof saam met ons te ry. Wat ek het nie woorde nie maar net trane. Dankie my kind jy weet nie wat dit vir jou Pa beteken nie. Nou het ons twee Martin's in die groep.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag13a10

Marieta: Die manne is veilig in Langebaan.  Ek is sooooo trots op Andre, Gary en die twee Martins. Dankie vir jul opoffering om die twee toppies te join.

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag1310_800x600

Daardie laaste paar trappe

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag13d10_800x600

A BIG hug was in the order of the day. The bonding that will last forever.  Welldone my friend

Andre: Watter ondervinding. Dit was n wonderlike ervaring gewees en dit was verseker die regte persoon om dit mee te doen. Dit was baie lekker om vanoggend op te gestaan het en te geweet het dit is die laaste dag. Net so n mooi dag as die eerste dag, bewolk en koud en natuurlik die verrassing toe my seun vanoggend daar opdaag om die laaste been saam te ry. Die bene gaan nou verseker rus. Sal ek dit weer doen? Nee hoekom, ek kan mos. Baie dankie aan elkeen wat geld geskenk het en ons so moedig ondersteun het. Dit het ons verseker aan die gang gehou. Ons wag nou vir Gary om die laaste woord te spreek met sy gedig.

1559 Km Op n fiets
Trap vir trap gaan ons die dag wen
Van vroeg soggens voor die son op kom, tot laat saans wanneer die son gaan sak
Trap vir trap gaan ons die dag wen
Met fietse ry ons die berge in, grondpad nietemin
Trap vir trap gaan ons die dag wen
Van Pretoria na die Weskus, ry ons, onself disnis
Trap vir trap gaan ons die dag wen
Ons maak geskiedenis
Trap vir trap gaan ons die dag wen
Lang wit stowwerige grondpaaie en reguit warm swart teerpaaie
Trap vir trap gaan ons die dag wen
Trap trap aanmekaar net ons weet waar , sien daar ons is klaar
Trap vir trap het ons die rit gewen.
Deur Gary Amory

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Dag13j10_800x600

Daardie laaste bier en was hy nie lekker nie

En met dit alles saam het ons ook R19,000 vir die Suid Afrikaanse Gidshondverening ingesamel.  Dankie vir ieder en elkeen vir julle ondersteuning en bydrae.

Dankie aan my seun Martin wat elke oggend so getrou die mense op hoogte gehou het.  Ongelukkig het ons die eerste paar dae se inligting verloor.

Dankie aan my broer Martin wat die laaste twee dae saam met ons kom trap het. Dankie dat jy my seun ondersteun het en gehelp het dat hy dit kon maak.  Jy is 'n broer duisend.

Dankie aan my broer Paul wat sy fiets vir Gary geleen het toe probleme ondervind het.

Dankie aan my vrou wat my so ondersteun het deur die jaar met my oefening.

Thank you Gary for joining me on this trip.  I could not have asked for a better partner.  As almost two total stranger when we started we ended up as great friends.

Dankie aan my seun Martin en Lyhandi om al die pad van Pretoria af te ry net sodat Martin die laaste dag saam met my kon getrap het.

Dan laaste maar verseker nie die minste nie:

DANKIE AAN DIE HEMELSE VADER WAT ONS DIE GESONDHEID GEGEE HET OM DIE TE KAN DOEN EN ONS AL DIE PAD BESKERM HET.  ALLE EER KOM U TOE.


Last edited by Admin on Mon Sep 22, 2014 8:58 am; edited 5 times in total
Back to top Go down
https://maranata-tours.board-directory.net
Petri

Petri


Posts : 19
Join date : 2009-07-23
Age : 67
Location : Thohoyandou

1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Empty
PostSubject: Re: 1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan   1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan Icon_minitimeThu Sep 18, 2014 9:19 pm

Absolutely awesome! Well done guys!
Back to top Go down
http://www.bougainvillalodge.com
 
1525km Vanaf Krugersdorp na Langebaan
Back to top 
Page 1 of 1
 Similar topics
-
» Om in vyf dae te trap Pretoria na Langebaan

Permissions in this forum:You cannot reply to topics in this forum
Die Nelle :: MTB (Mountain Bike) :: Parrots to Pearly's-
Jump to: